Psalm 46:2
‘God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.’
– Die Here is jou Toevlug en sterkte.
– In tye van benoudheid het Hy Homself as ‘n Helper bewys.
– In die goeie en in uitdagende tye is Hy jou ewig-teenwoordige Helper.
– Hy sal jou nooit verlaat of Sy greep op jou verslap nie.
Gebed: Liewe Vader, ek is so geseënd om na U te kan hardloop wanneer ek ‘n veilige plek en sterkte nodig het. U is altyd daar vir my en sal my nooit hulpeloos laat of my enigsins in die steek laat nie. Amen.