Deuteronómium 29:5
‘En Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn laat trek; julle klere het aan julle nie verslyt nie, ewemin jou skoen aan jou voet.’
– In elke fase van die lewe kan ons die Here vir Sy voorsiening vertrou.
– Hy kan presies voorsien wat jy nodig het en seker maak dat dit lank hou.
– Die Here weet hoe om die lewe van dit wat Hy jou gee, te bewaar en te verleng.
– Hy weet presies hoe om jou deur elke seisoen van die lewe te dra.
Gebed: Vader, dankie vir die wonderlike manier waarop U my deur die lewe dra en bewaar. Ek weet dat U my sal onderhou en ek vertrou op U vir my daaglikse voorsiening en vir die wonderbare manier waarop U belowe om vir my te onderneem. Amen.