Lukas 18:1
‘EN Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,’
– Ons moet in ons lewe nooit opgee op gebed nie.
– Dit mag lyk asof dinge nie verander nie, maar God werk.
– Hy sal sekerlik reg laat geskied aan Sy volk wat dag en nag na Hom roep.
– Vertrou op die Here jou God, bid en moenie moed verloor nie.
Gebed: Vader, U ken elke gebed, petisie, verlange en die diep begeertes van my hart. Ek roep uit na U en ek lê hierdie dinge aan U voete neer. Ek glo in U, ek het geloof dat U alles ten goede vir my sal uitwerk. Amen.