Lukas 1:37 Afr20
‘want geen Woord wat van God af kom, is kragteloos nie.’
– Jy kan volkome staatmaak op God se Woord en vermoë in jou lewe.
– Onthou altyd dat dit binne God se mag is om die onmoontlike te doen.
– Sy magtige hand in jou lewe kan dinge verander.
– Die Here is onveranderlik en betroubaar en Hy is die hoop van jou lewe.
Gebed: Vader, in ‘n wêreld waar alles voortdurend verander, is U die vaste fondament van my lewe. Niks is vir U te moeilik nie en elke Woord wat U sê, kan ten volle vertrou word. Ek sal op U vertrou! Amen.