1 Petrus 3:12
‘Want die oë van die Here is op die regverdiges en Sy ore tot hulle gebed,…’
– Dit is wonderlik om te weet dat die Here ons sien.
– Trouens, Hy waak oor ons om vir ons te sorg.
– Sy omgee vir ons sluit die feit in dat Hy ons gebede verhoor.
– Sy arms is oop om jou te ontvang en om jou met Sy liefde en goedhartigheid te omring.
Gebed: Vader, die feit dat U oor my waak, is iets so wonderlik om oor na te dink. U ken elke gebed van my en U werk alles ten goede vir my uit. U is my Hemelse Vader en ek het U lief. Amen.