Psalm 136:1
‘LOOF die Here, want Hy is goed, want Sy goedertierenheid is tot in ewigheid.’
– Jou goeie en getroue God het jou tot hier gedra.
– Neem ‘n oomblik om dankie te sê en om Sy liefde vir jou te vier.
– Sy goedheid en Sy getrouheid teenoor jou sal vir ewig voortduur.
– Jy kan vertrou op Sy beloftes en Sy ewigheids plan.
Gebed: Here, dankie vir U goedheid teenoor my. Dit is ‘n troos en ‘n hoop om te weet dat U vir my sorg. Omring my met U liefde en mag U goedheid en genade my volg. Amen.