Jeremia 33:3
‘Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.’
– Selfs in moeilike omstandighede nooi die Here ons om Hom aan te roep.
– Ons word deur die Here self aangemoedig om Hom aan te roep.
– God is getrou, Hy hoor jou roep en belowe ‘n antwoord.
– Daar is soveel van God wat jy nog moet ontdek.
Gebed: Vader, dankie dat ek U kan aanroep en dat U my antwoord. U is die God wat groot en magtige dinge doen, en ek is so dankbaar dat ek op U kan staatmaak en U kan vertrou. Amen.