Lukas 12:40
‘Julle moet dan ook gereed wees,…’
– Dit is belangrik om voorbereid en gereed te wees vir wat die toekoms mag bring.
– Ons moet ook voorbereid en gereed wees vir ons Here se wederkoms.
– Maar ons moet ook gereed wees om die geleenthede wat elke dag bring, aan te gryp.
– As ons gereed is, kan ons die toekoms met vreugde en vertroue aangryp.
Gebed: Here, dit is wonderlik om te weet dat ek vir U wederkoms gereed kan wees en ook vir alles wat U in my lewe wil doen. Help my om van al die rompslomp ontslae te raak sodat ek ongehinderd deur die oop deure wat U voor my plaas, kan gaan. Amen.