Jesaja 30:18
‘En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees,…’
– Moet nooit twyfel aan die Here se goedheid en goedertierenheid teenoor jou nie.
– Dit is deel van Sy karakter om genadig en goedhartig te wees.
– Verwag Sy goedheid, verwag Sy genade en verwag Sy getrouheid.
– Die laaste woord is nie gespreek nie, God sal die finale sê hê.
Gebed: Vader, dank U vir U volmaakte liefde en goedhartigheid teenoor my. My hart sal met hoop en verwagting gevul bly dat ek U goedheid in die land van die lewendes sal sien. Amen.