Psalm 50:15
‘en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.’
– Wanneer enige soort moeilikheid op ons pad kom, is dit reg om te bid.
– Gebed het die krag om verligting te bring wanneer ons, ons tot God wend vir Sy hulp.
– Die belofte is dat Hy jou sal verlos.
– Dit bring eer aan God wanneer ons tot Hom draai en Hom vir ons situasies vertrou.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat ek U kan aanroep. U is my God en my Hemelse Vader en U is my Verlosser. Hoor vandag my gebed terwyl ek my hoop en my vertroue op U plaas. Amen.