Johannes 10:28b
‘…en niemand sal hulle (My skape) uit My hand ruk nie.’
– Die Here hou jou in die palm van Sy hand.
– Niks en niemand kan jou uit die veiligheid van Sy hand verwyder nie.
– Vind jou rus en jou veiligheid in die holte van Sy hand.
– Jou toekoms is veilig in Hom, hou dus Sy hand vas.
Gebed: Vader, dankie dat U my veilig in U hand vashou. Daarom het ek niks om te vrees nie want U sal my beskerm en vir my voorsien en niemand sal my uit U hand ruk nie. Amen.