Génesis 41:56
‘En die hongersnood was oor die hele oppervlakte van die aarde, en Josef het alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop;…’
– Watter onmoontlike situasie moet jy vandag hanteer?
– Is daar dalk ‘n spesifieke wonderwerk wat jy in jou lewe nodig het?
– Wat lyk hopeloos en groter as wat jy kan hanteer?
– Die Here kan in jou situasie intree en al die stoorkamers oopmaak.
Gebed: Vader, Ek sal nie ophou om in U te glo en vertrou nie. U het presies wat ek nodig het in U voorraadkamers van voorsiening, krag en voorraad. Ek bid dat U daardie stoorkamers sal oopmaak en die verligting sal bring wat ek so broodnodig het. Amen.