Johannes 15:9
‘Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.’
– Die Here het jou lief en sorg vir jou.
– Sy liefde reik tot die hoogste berg.
– Sy liefde vloei deur die laagste vallei.
– Hy het jou onvoorwaardelik lief en Hy is die Herder van jou siel.
Gebed: Vader, dankie vir U volmaakte liefde vir my. U liefde vir my is soos niks anders wat ek ooit in die lewe kon ervaar nie. Ek neem U liefde vir my en ek maak dit my eie. Ek kies ‘n diep, voortdurende verbintenis met U, my Here. Amen.