Johannes 14:6
‘Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.’
– Met die geboorte van Jesus is ‘n weg vir ons geopen om God te ken.
– Hy is nie net ‘n gids nie, Hy is die weg, die waarheid en die lewe.
– In ‘n wêreld gevul met onsekerheid, is die Here die waarheid waarna ons almal verlang.
– In Hom kan ons alles vind waarna ons soek: lewe, waarheid, doel en betekenis.
Gebed: Here, dank U dat U gekom het om dit vir my moontlik te maak om die regte pad te vind. U is die weg wat ek kies en U is my waarheid en my lewe. Ek vier U geboorte en die feit dat U die weg, die waarheid en die lewe is. Amen.