Psalm 25:15
‘My oë is altyddeur op die Here, want Hý sal my voete uit die net uitlei.’
– Wanneer ons fokus op die Here, verander alles.
– Wanneer ons ons fokus van ons probleme aflig, verander dit ons perspektief.
– Ons kan soms vasgevang en oorweldig voel.
– Maar wanneer ons, ons fokus op Jesus rig, begin iets verander.
Gebed: Vader, op hierdie oomblik kies ek om my fokus op U te draai. Ek kies om ten volle op U wonderlike gesig te fokus. Mag die dinge van die aarde baie dof word, in die lig van U heerlikheid en genade. Amen.