Psalm 29:11
‘Die HERE sal Sy volk sterkte gee,…’
– Jy kan jouself herinner dat jy sterkte het wat van God kom.
– Ongeag wat jy moet hanteer, Hy wil jou die sterkte gee wat jy nodig het.
– As Sy kind is jy bevoorreg om toegang tot die Here en Sy sterkte te hê.
– Vertrou dus vir meer van Sy sterkte, veral in oomblikke van swakheid.
Gebed: Vader, dank U dat ek kan vra dat U sterkte deur my lewe en my fisiese liggaam sal vloei. Ek is U kind en U Woord sê dat U sterkte aan U volk gee. Ek ontvang hierdie sterkte nou dadelik. Amen.