Matthéüs 6:6
‘Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.’
– Party van die probleme wat ons moet hanteer, weet net God van.
– Hy ken jou stryd en Hy wag vir jou in die geheime plek.
– Wanneer jy alleen is en jy roep na God, is Hy daar met jou.
– Neem die tyd, vind ‘n plek en spandeer tyd om Hom aan te roep, Hy sal jou beloon.
Gebed: Vader, dankie vir die versekering dat wanneer ek die tyd neem om te bid, U daar met my in daardie geheime plek is. U ken my hoop en vrese en U werk namens my wanneer ek na U roep en U vertrou vir die hulp wat uit die hemel kom. Amen.