Habakuk 2:3
‘Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd;…. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie:’
– God se tydsberekening is altyd onberispelik.
– Hy weet wanneer die tyd reg is en wanneer goed in plek sal val.
– Ons moet nie haastig wees nie, maar ons moet met vertroue en hoop wag.
– Vertrou op God se getrouheid en glo dat Sy beloftes sal geskied.
Gebed: Vader, soms wil ek so graag hê dat goed moet gebeur dat ek in die versoeking kom om reg in eie hande te neem. Mag ek die geduld en die sekerheid hê om op U en U perfekte tydsberekening vir my lewe, te vertrou. Amen.