Génesis 41:54
‘…En daar was hongersnood in al die lande, maar in die hele Egipteland was daar brood.’
– Ten spyte van wat om jou aangaan, kan dit in jou situasie anders wees.
– Die Here kan vir jou voorsien selfs wanneer dit onwaarskynlik lyk.
– Sy goddelike voorsiening kan selfs in tye van skaarsheid ‘n werklikheid wees.
– Sy vermoë om ‘n pad deur die onmoontlike te maak is deel van Sy getrouheid.
Gebed: Vader, ek herken dat my hulp van U afkomstig is. Negatiewe omstandighede is geen hindernis vir U vermoë om vir my te voorsien, beskerm en verlos nie. Dank U dat U vir ons voorsien in tye van behoefte. Amen.