Hebreërs 11:1
‘DIE geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.’
– Die dinge waarvoor jy God vertrou, is dinge wat vir Hom belangrik is.
– Dit is nie maklik om te glo terwyl dit lyk of niks gebeur nie.
– Laat jou geloof en jou hoop in die Here geanker wees.
– Hy kan die see skei en berge versit.
Gebed: Vader, dank U dat ek op U kan vertrou en ‘n lewe van geloof en vertroue in U en U getrouheid kan lei. U is my getroue God en daarom sal ek glo dat U dinge vir my ten goede laat uitwerk, en ek sal U goedheid in my lewe sien. Amen.