Filippense 4:6
‘Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.’
– Die Here wil jou daaraan herinner om nie oor dinge bekommerd te wees nie.
– Bid eerder in elke situasie en vra God om hulp.
– Verwag Sy ingryping en wees dankbaar.
– Hy is jou liefdevolle Hemelse Vader en Hy sorg vir jou.
Gebed: Here, dankie dat ek hierdie oomblik kan neem om te stop en my versoeke aan U voor te lê. Ek kies om op U en U vermoë in my situasie te vertrou en nie toe te gee aan vrees en angs nie. Amen.