Psalm 5:13
‘Want U seën die regverdige, o Here, U omring hom met welbehae soos met ‘n skild.’
– Wanneer ons lewe om God te behaag, bring dit seën op ons lewens.
– Een van hierdie seëninge is Sy guns op ons lewens.
– Daardie guns sal soos ‘n skild wees wat ons sal omring en bedek.
– Verwag dat Sy skild van guns jou sal beskerm, bewaak en lei terwyl jy Hom volg.
Gebed: Vader, dank U dat ek kan lewe met die doel om U te volg en te behaag. Ek vra dat U skild van guns my sal bedek en omring. Mag ek binne U kring van seën, beskerming en guns lewe. Amen.