Johannes 14:27b
‘Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.’
– Vandag wil die Here jou onhels en jou gerusstel.
– Hy wil jou verseker dat Hy met jou is en jou hart rustig kan wees.
– Die dinge van die lewe kan hul weg na ons harte vind en ons ontstel.
– Hy sê vir ons om nie ontsteld of bevrees te wees nie.
Gebed: Vader, dank U dat U langs my gekom het om my te troos met die wete dat U met my is en dat ek nie moet toelaat dat my hart ontsteld raak nie. My geloof en my vertroue is in U en daarom sal ek nie vrees nie. Amen.