Psalm 54:6
‘Kyk, God is my Helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.’
– Dit is wonderlik om te weet dat ons, ons tot God as ons Helper kan wend.
– Hy is nie net ‘n Helper nie, maar Hy is ook die Onderhouer van jou siel.
– Vertrou en glo in God se getrouheid teenoor jou.
– Hy weet en Hy sal dit wat die beste vir jou is voorsien.
Gebed: Vader, dankie dat U my Helper is. U ken my beter as wat ek myself ken en U tree altyd in om my op te tel en my te dra. Amen.