Hebreërs 10:36
‘Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.’
– Moet nooit opgee of jou vertroue in God weggooi nie.
– Volharding en geduldige lydsaamheid is deel van ons geestelike groei.
– Terwyl ons aanhou om vas te hou, beweeg ons nader aan die deurbraak.
– Vertrou dus op Sy beloftes want Hy is getrou en Sy beloftes is waar.
Gebed: Vader, ek sal nie opgee nie, maar ek sal aanhou om aan U vas te hou en aan dit wat U gesê het dat U sal doen. Al lyk dinge uitdagend, sal ek op U fokus, want U is my Bron en my Voorsiener. Amen.