1 Petrus 2:9b
‘om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig,…’
– Die Here verlang dat jy in Sy wonderbare lig sal lewe.
– Duisternis probeer altyd om in ons lewens in te dring.
– Maar laat Sy wonderbare lig jou lewe verlig en al die duisternis verwyder,
– Hierdie is ‘n tyd om met Sy vreugde gevul te word en om die lig van Sy seën te geniet.
Gebed: Vader, ek bid dat hierdie spesiale seisoen van die jaar ‘n tyd sal wees waarin ek U wonderbare lig wat my pad verlig, sal geniet. Ek verwerp alle vrees en duisternis in my lewe en ek omhels die vreugde en die genot wat kom deur ‘n lewe in U wonderbare lig. Amen.