Psalm 91:4
‘Hy sal jou dek met Sy vlerke, en onder Sy vleuels sal jy skuil;… ’
– Onder Sy vlerke is die veiligste plek om te wees.
– Soos ‘n voël sy kleintjies beskerm, so sal die Here jou beskerm.
– Hy kom om jou te beskerm en om jou in Sy veilige bewaring in te bring.
– Hê geloof en vertroue in God se beskerming oor jou lewe.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U my beskerming en my toevlug is. Ek kies die veiligheid en sekuriteit om onder U vlerke te lewe. Mag ek nooit die beskermende krag van vertroue in U, onderskat nie. Amen.