Jesaja 40:29
‘Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.’
– Die Here weet presies wat jy dra en waardeur jy gaan.
– Hy tree in ons lewens in om ons die krag en sterkte te gee wat ons nodig het.
– Geen uitdaging wat jy moet aandurf kan God se krag binne jou, oorwin nie.
– Moenie tevrede wees met swakheid en mislukking wanneer Sy krag vir jou beskikbaar is nie.
Gebed: Vader, dank U vir die krag wat U aan my belowe het. Ek kies om op U en U krag in my lewe te vertrou. Ek vra dat U my die krag sal gee wat ek nodig het en my sterkte sal vermeerder. In Jesus se Naam. Amen.