Deuteronòmium 30:19
‘Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het Ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,’
– Die keuses wat ons in die lewe maak, beïnvloed ons en die volgende geslag.
– Die regte keuses nou, sal daartoe lei dat ons lewens ‘n vrugbare veld word.
– God gee ons die vryheid om te kies, maar daarmee saam kom verantwoordelikheid.
– Om die lewe te kies, lê ‘n fondament van geloof en seën vir ons nageslag.
Gebed: Vader, dankie dat U die keuse van lewe of dood, seëninge of vloeke voor my gestel het. Ek kies die lewe en ek kies U guns en seën bo my eie idees en gedagtes. Gee my die wysheid en die moed om die lewe te kies. Amen.