Efesiërs 1:7-8 NLV
‘Deur Sy geliefde Seun is ons verlos deurdat Hy Sy bloed vir ons gestort het. Ons oortredings is vergewe omdat God die rykdom van Sy genade in oorvloed aan ons gegee het.’
– Die liefde en goedheid van God teenoor ons is so wonderbaar.
– Daar is geen perke aan Sy goedheid en genade teenoor jou nie.
– As gevolg van wat Jesus gedoen het, kan ons sondes vergewe word.
– Sy liefde is buitensporig – Hy het Sy eie Seun gegee om ons vry te maak.
Gebed: Vader, dankie dat U wonderbare liefde, goedheid en genade vir my beskikbaar is. U liefde en goedheid teenoor my herinner my elke dag dat U my baie lief het en dat ek deur U waardeer word. Mag ek dit nooit vergeet nie! Amen.