Johannes 15:4
‘Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.’
– Om konsekwent met God in verbinding te bly, bring vrugte in ons lewens.
– Dit is in die verbinding dat ons die vloei van die lewe van God na ons kan geniet.
– Sy lewe, wat deur ons vloei, maak al die verskil.
– Moenie dit op jou eie probeer doen nie, bly in Hom, die lewe kom van Hom af.
Gebed: Vader, dankie dat ek ‘n lewe kan lei waarin ek elke dag met U verbind is. Ek erken dat ek U in my lewe nodig het en daarom kies ek om in U en met U verbind te bly. Amen.