Exodus 16:4
‘Toe sê die Here vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën;…. ‘
– Die Here is jou uiterste Voorsiener en Bron.
– Hy het vir Sy volk voorsien terwyl hulle deur die woestyn gereis het.
– Hy het voorrade op hulle “laat neerreën” en dit spreek van oorvloed.
– God is getrou om dikwels op onverwagte maniere in ons behoeftes te voorsien.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U my Voorsiener is. Soos wat U brood uit die hemel vir U volk voorsien het, so sal U ook vandag vir my sorg. Ek kies om U daagliks in geloof te vertrou, dat U in my behoeftes sal voorsien. Amen.