Jesaja 45:3
‘En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die Here is wat jou by jou naam roep, …’
– God is in beheer en het toegang tot alle hulpbronne.
– Hy kan uit onverwagte bronne voorsien.
– Vertrou op Sy voorsiening selfs wanneer omstandighede donker of onseker lyk.
– Tree in geloof uit en vertrou dat Hy sal voorsien wat nodig is.
Gebed: Vader, dankie dat U my naam ken en presies weet wat ek in my situasie nodig het. U weet waar die skatte en rykdom gevind kan word. Niks is vir U te moeilik nie. Amen.