2 Petrus 2:9 Afr53
‘Die Here weet dus om dié wat Hom dien, uit beproewing te red,… ‘
– Die Here is jou wonderbare Verlosser.
– Hy weet hoe om jou te red en te verlos.
– In God se getrouheid voorsien Hy vir Sy mense ‘n uitweg uit beproewinge.
– Hy het die finale seggenskap en die uitertste mag om dinge te verander.
Gebed: Here, dankie dat U weet hoe om my te verlos en te red. Niks is vir U te moeilik nie. U is met my wanneer ek sukkel en U werk alles ten goede vir my uit. Amen.