Handelinge 17:27
‘sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;’
– Dit was nog altyd God se plan vir ons om Hom te soek en te vind.
– Hierdie vers sê vir ons dat ons in geloof kan uittree en na Hom kan uitreik.
– Reik dus uit na die Here met jou bekommernisse, Hy is nie te besig om te hoor nie.
– In die proses mag jy Sy teenwoordigheid en Sy liefde om jou, ontdek.
Gebed: Vader, ek kies om U te vertrou vir die ingryping wat ek nodig het. Ek reik vandag uit na U om U te vra om in my lewe in te tree en U teenwoordigheid vir my werklik te maak. Dank U dat U nie ver van my is nie. Amen.