Psalm 55:23
‘Werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou;…’
– Daar is tye in die lewe wanneer ons laste oorweldigend kan lyk.
– Ongeag wat ons moet hanteer, ons verbintenis met God moet ons prioriteit wees.
– As gevolg van hierdie verhouding kan ons, ons sorge op Hom werp.
– Hy gee om vir jou, en Hy wil nie hê dat jy dinge onnodig moet dra nie.
Gebed: Vader, ek gee U vandag my laste en sorge. Ek bid dat U daardie groot besef van verantwoordelikheid wat ek in myself ronddra sal kom ophef, en ek bid dat U dit sal vervang met ‘n bewustheid en ‘n begrip van hoeveel U vir my sorg en omgee. Amen.