2 Korinthiërs 5:7
‘Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.’
– Soms is die goed wat ons sien nie ‘n ware weerkaatsing van wat aangaan nie.
– Persepsie kan ons verwar, maar ons geloof is ‘n anker vir ons siele.
– Om deur geloof te lewe beteken dat ons God vertrou tenspyte van hoe goed mag lyk.
– Laat ons ‘n leefstyl van konstante afhanklikheid van God ontwikkel.
Gebed: Vader, ek kies om in geloof en afhanklikheid van U te lewe. Help my om nie deur die goed wat ek sien en hoor onthuts te word nie, maar mag my voete stewig op U, my Rots en my Verlosser geplant wees. Amen.