Psalm 37:7
‘Swyg voor die Here en verwag Hom;…’
– Ons word soms geroep om geduldig te wees en te wag vir God om op te tree.
– Hoe desperaat wil ons Hom nie nou sien optree, en dinge omdraai nie.
– Ons bevind ons egter dikwels in ‘n proses waardeur ons moet gaan.
– Laat ons God dus vertrou en weet dat dit op Sy tyd sal gebeur.
Gebed: Vader, ek is so dikwels haastig om die deurbraak te sien. Ek vra dat U my sal help om geduldig te wees terwyl ek op U vertrou. U tydsberekening is altyd onberispelik en daarom sal ek nie moedeloos raak nie, maar ek sal aan U vashou. Amen.