Génesis 18:3
‘En hy sê: My heer, as ek nou genade in U oë gevind het, gaan dan tog nie by U kneg verby nie.’
– Die Here se teenwoordigheid is die grootste seën wat ons kan ken.
– Sy guns in ons lewens maak die verskil.
– Die Here bring krag, vrede en leiding vir elke dag.
– Wanneer ons vir God in ons lewens plek maak, kom Hy nader aan ons.
Gebed: Vader, dankie dat U my nie verbygegaan het nie. U wil hê dat U teenwoordigheid ‘n lewende werklikheid in my lewe moet wees. Ek vra dat U guns op my sal rus en dat U my elke dag sal lei en versterk. Amen.