Jesaja 41:10b
‘Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met My reddende regterhand.’
– Op hierdie oomblik hou die Here jou stewig en veilig vas.
– Hy belowe om die krag te gee wat jy nodig het om die uitdagings die hoof te bied.
– Sy hulp is belowe en daarom gewaarborg.
– God het jou in Sy hande en geen omstandighede sal jou oorweldig nie.
Gebed: Vader, dankie dat U belowe om my te help. Mag ek nooit vergeet dat ek nie alleen in my stryd is nie. Ek sal aan U vashou terwyl U my vashou. Amen.