Jesaja 43:1
‘Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is Myne!’
– Dit is net een baie goeie rede waarom jy God moet vertrou.
– Hy ken jou by jou naam en Hy is vertroud met elke detail van jou lewe.
– Moenie vrees nie, maar ontvang liewer Sy vertroosting en moed.
– Hy ken jou en jou situasie en Hy sal jou help.
Gebed: Vader, dankie dat U my by my naam geroep het en dat ek aan U behoort. Dankie vir U persoonlike sorg en aandag aan my situasie. Mag ek die sekuriteit en doel hê wat kom van die wete dat ek U kosbare besitting is. Amen.