Jesaja 42:3b NLV
‘Hy sal in opregtheid reg laat geskied..’
– Die Here sien elke onreg en weet wanneer jy onreg aangedoen is.
– Niks wat met jou gebeur, ontgaan Sy aandag nie.
– Jy hoef nie elke stryd te veg nie; jy kan dit in Sy hande plaas.
– Vertrou Hom om op Sy volmaakte manier en op Sy volmaakte tyd reg te laat geskied.
Gebed: Here, dankie dat U alles sien en weet waardeur ek gaan. Ek plaas elke onreg in U hande en vertrou U om dinge op U manier en op U tyd reg te stel. Amen.