Psalm 100:3
‘Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is Syne, Sy volk en die skape van Sy weide.’
– Hoe wonderlik is dit om te weet dat ons as kinders van God aan Hom behoort.
– Jy is nie per toeval hier nie; jy is hier omdat die Here jou gekies het.
– Jy is Sy kosbare besitting vanweë Sy liefde en trou.
– Hy voorsien, lei, beskerm en herstel almal wat op Hom staatmaak.
Gebed: Here, op hierdie oomblik erken ek dat U God is en dat U my God is. U het my gemaak, en dit gee my ‘n doel en waarde. U is my Goeie Herder en ek plaas my lewe in U hande. Amen.