Jesaja 33:2
‘Here, wees ons genadig, op U wag ons; wees hulle arm elke môre, ja, ons verlossing in die tyd van benoudheid!’
– Die Here wil jou elke dag versterk.
– Jy kan Sy krag binne-in jou ken terwyl jy die dag tegemoetgaan.
– Tye van moeilikheid is vir die Here geen probleem nie.
– Hy sal genadig en barmhartig teenoor jou wees.
Gebed: Vader, dankie vir U genade en krag wat elke dag vir my beskikbaar is. Ek kies om op U hulp en leiding te vertrou. U is elke dag en in tye van nood met my. Amen.