Romeine 12:2
‘En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed,…’
– Ons verstand en waaraan ons dink beïnvloed ons lewens grootliks.
– Wat die wêreld aan ons bied, kan ons negatief en moedeloos laat voel.
– Ons verstand moet voortdurend vernuwe word om in God en Sy goedheid te glo.
– Hy sal jou deur sien, deur wat jy ook al moet hanteer en Hy bring hoop in ons lewens.
Gebed: Vader, ek bid dat ek nie oorweldig sal word deur die dinge wat om my aangaan nie. Mag my gemoed vernuwe word sodat ek in U goedertierenheid en U getrouheid in my lewe sal glo. Amen.