Matthéüs 19:26
‘By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.’
– Soms word ons met onmoontlike dinge gekonfronteer.
– Maar ons onmoontlike is nie vir God onmoontlik nie.
– God is met jou en jy hoef geen kwaad te vrees nie.
– Net een Woord van Hom en onmoontlike dinge kan gebeur.
Gebed: Vader, wanneer die mensdom se antwoorde opraak, het U maar net begin. U kan die gebrokenes van hart genees, U kan die gevangenes vrylaat, U kan die swaar las lig, want niks is vir U te moeilik nie. Amen.