Genesis 35:3
‘…en ek sal daar ‘n altaar bou vir die God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die weg wat ek gegaan het’
– Ons moet soms net stilstaan en onthou hoe getrou God was.
– Hy sal jou antwoord op die dag van jou benoudheid.
– Hy is met jou waar jy ook al op die lewensreis gaan.
– Jy kan verseker wees dat Sy hulp en teenwoordigheid jou sal aanhou dra.
Gebed: Vader, terwyl ek hierdie oomblik neem om net stil te staan, wil ek myself herinner aan U getrouheid aan my. Terselfdertyd wil ek vra dat U sal ingryp en verligting sal bring in daardie areas waarin ek U steeds vir antwoorde, vertrou. Amen.