Jesaja 53:5
‘Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, …. en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.’
– In hierdie tyd van die jaar onthou ons die allergrote prys wat Jesus betaal het.
– Sy lyding was nie tevergeefs nie – dit was vir ons genesing en verlossing.
– Dit is ‘n tyd om te besin, nader aan God te kom en om ons harte voor te berei.
– Sy liefde is gedemonstreer lank voor ons dit ten volle verstaan het.
Gebed: Vader, waar ek my hart voorberei, herinner my aan die besonderse liefde wat U deur U Seun, Jesus, getoon het. Trek my nader aan U en help my om te besin oor alles wat Hy vir my gedoen het. Amen.