Hooglied van Salomo 2:11-12
‘Want kyk, die winter is verby, … die sangtyd het aangebreek,…’
– Daar is ‘n vervaldatum vir elke seisoen, veral die winterseisoene.
– Wanneer die tyd reg is, verander die Here seisoene en tye.
– Dit is tyd om van ‘n moeilike seisoen na een van florering oor te skakel.
– Tree vorentoe met geloof en hoop, wetende dat God met jou is.
Gebed: Vader, dit is U wat seisoene en tye verander. Ek bid dat U in my lewe en hart sal werk sodat ek die nuwe seisoen kan geniet wat U vir my voorberei het. Amen.