Exodus 34:6
‘…Here, Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;’
– Hierdie vers vertel ons van die wonderlike aard en karakter van God.
– Die Here is barmhartig, genadig, geduldig, liefdevol en getrou.
– Hy bied genade en vergifnis aan almal wat hulle tot Hom wend.
– Sy liefde en trou sal jou dra solank as wat jy lewe.
Gebed: Vader, U is so ontsaglik wonderlik teenoor my. U is alles wat ek nodig het en U stel U liefde, U goedertierenheid, U barmhartigheid en U getrouheid aan my beskikbaar. Mag ek nooit U wonderlike seëninge en voordele vergeet nie. Amen.